Fasilitering: Pare

Val jy in die strik om tydens fasilitering op die Simptome te fokus en Probleme te probeer oplos?

  • Voel en klink jou sessies met ‘n paartjie soos ‘n bosoorlog?
  • Ondervind jy ‘n gebrek aan struktuur tydens die fasiliteringsproses?
  • Praat die huwelikspare by mekaar verby?
  • Raak jy betrokke in hul magstryd oor wie reg en wie verkeerd is?
  • Sukkel jy om intieme konneksie tussen huwelikspare te herstel?

Die Relasionele Model van fasilitering kan ‘n einde aan hierdie frustrasies beteken!

  • Die onbewuste agenda van verhoudings is om jou kinderdae te voltooi.
  • Jou maat het jou gekies om alles te kry wat hy/sy nie gedurende sy/haar kinderdae gekry het nie.
  • Omdat jy in sekere opsigte soos jou maat se ouers is, het jy ‘n onvermoë om te gee wat hy/sy van jou verwag.
  • Jou maat is ook ‘n spieël wat jou onderontwikkelde dele reflekteer.
  • Dele van jou menswees “is nie daar nie” en jou maat verlang daarna.
  • Dele van jou menswees  is verbloem en verdraai deur jou verdedigings-meganismes en dit maak jou maat seer.
  • Omdat ons nie effektief kommunikeer nie, leef ons by mekaar verby.
  • Konflik is positief en die perfekte geleentheid vir genesing en groei.
  • Jou huweliksmaat hou die sleutels vir jou genesing en groei; jy weet dit net nie.
  • D.m.v. ‘n konfliksituasie kan ons leer waar die genesings- en groei-areas is.
  • Onbewustelik (bonatuurlik?) het jy jou maat gekies sodat hierdie genesing en groei in jouself en in jou maat kan plaasvind.

Die Spirale verhoudingsreis

Verhoudings gaan normaalweg deur die volgende fases:

  • Romantiese Liefde
  • Magstryd
  • Coping
  • Re-commitment: keuse
  • Doen die werk: intensionele dialoog
  • Transformasie
  • Ware Liefde

Paartjies kom by terapeute of fasiliteerders uit wanneer hul óf in die magstryd, óf in die coping fase is.Dit verg egter werk om ‘n verhouding te maak werk en hierdie werk beteken:

Re-commitment en Intensionele Dialoog!

Deur middel van ‘n gestruktureerde proses wat die intensionele dialoog genoem word leer pare om:

  • effektief na mekaar te luister
  • konflik te ontlont
  • kontak en konneksie te herstel
  • te kommunikeer sonder om te reageer

wat lei tot persoonlike en wedersydse emosionele heling en groei.

Hierdie werkswinkel is bedoel vir:

Professionele terapeute soos:

  • Maatskaplike werkers.
  • Sielkundiges.
  • Predikante en.
  • Pastorale beraders.

Hierdie werkswinkel rus professionele terapeute en beraders toe om:

  •  die rol van primêre versorgers in die keuse van jou huweliksmaat en -konflik te leer ken;
  • die rol van die sosiale self in die keuse van jou huweliksmaat en -konflik te ontdek;
  • die ontwikkelingsfases wat die vonk tot huwelikskonflik is te ontlont;
  • die sewe fases van die spirale huweliksreis te benut;
  • die vasgestelde struktuur/proses van intensionele dialoog baas te raak en te gebruik tydens verhoudingsfasilitering.

Ons tydmors waarborg aan jou

Jy sal verbaas wees oor die verskil wat hierdie Verhoudingsfasilitering vir Pare aan jou beradingspraktyk sal maak. Indien jy egter wonder of hierdie werkswinkel die moeite werd kan wees, gee ons jou werkswinkelfooi met ‘n 🙂 aan jou terug as jy dink dit was tydmors.

Werkswinkel datums vir 2018:

  • 1 – 2 Maart  Potchefstroom
  • Slegs 10 plekke per werkswinkel beskikbaar

Minimum Toelatingsvereistes:

Jy moet ‘n gekwalifiseerde berader, terapeut, maatskaplike werker, sielkundige of predikant wees.

Hoe bespreek en betaal ek vir hierdie Verhoudingsfasilitering werkswinkel?

Maak jou keuse (gewone of bonus opsie) en registreer vir die werkswinkel deur op die PayFast knoppie hieronder te kliek of oorbetaling te maak.

Verhoudingsfasilitering (vir huwelike)

Gewone opsie

Bonus opsie

Kursushandleiding

Ja

Ja

2 DVDs wat handel oor die vervulling van emosionele behoeftes binne die huwelik (waarde R300)

Nee

Ja

Pdf-formaat vraelyste vir die gebruik as hulpmiddel tydens huweliksfasilitering (waarde R100)

Nee

Ja

Kursuskoste

R2100Pay R2350Pay

Belangrik

Wat gebeur wanneer jy op die PayFast knoppie druk?

  • Jy word na PayFast se webblad geneem waar jy eers moet registreer.
  • Daarna word jy die opsie gegee  watter betalingsmetode jy wil gebruik – kredietkaart, Internet, of Ukash.
  • PayFast is ‘n betroubare Suid-Afrikaanse maatskappy.
  • Sodra jy die betaling deur PayFast gemaak het, sal ons jou DV binne 2 werksdae kontak om die inbetaling te bevestig en die reëlings aangaande die werkswinkel te finaliseer.

Of deponeer direk in ons bankrekening:

Gebruik jou naam en van as verwysing en stuur die bewys van betaling aan: admin@perspectivetrainingcollege.co.za

Aanbieder

Hierdie opleiding word deur Edgar Phillips aangebied.

  • Edgar is in die bediening en betrokke by ‘n onafhanklike gemeente in Alberton vanaf 2001 en ook tans besig met sy M.Past by NWU (Potch-kampus).
  • Hy is onder andere ‘n Imago Professional Facilitator vanaf 2008 en gebruik Imago Relationship Therapy (IRT) wanneer daar met pare, families of groepe gewerk word. (Hierdie werkswinkel is op van die IRT beginsels saamgestel.)
  • Hy het ook ‘n privaatpraktyk as Funksionele Terapeut.

Hy is 24 jaar getroud en bly met sy vrou en drie dogters in Alberton.