Fasilitering: Individue

Effektiewe Luister-, Refleksie- en Fokustegnieke

  • Voel jou eerste sessie met kliënte soos ‘n nimmereindigende gebabbel?
  • Soek jy meer struktuur tydens jou eerste twee sessies met kliënte?
  • Hoe weet jy of jou kliënt gereed is om te genees, verander en te groei?
  • Wat bepaal of daar verandering, genesing en groei gaan plaasvind?

Effektiewe Luister-, Refleksie- en Fokustegnieke kan ‘n einde aan hierdie frustrasies beteken!

  • Enige gesprek verdiep slegs wanneer daar die gevoel van “ek is gehoor” ervaar word.
  • Die agterbrein verstaan nie taal nie, slegs die gevoelens van vrees en veiligheid!
  • Slegs wanneer ‘n kliënt veilig by jou voel (op gevoels- en sensoriesevlak), sal hy/ sy hul harte oopmaak.
  • Bereik sodoende die belangrikste doel van die eerste sessie: die kliënt se belewenis dat hy werklik gehoor word!
  • Wanneer die kliënt na binne kan fokus, dit wil sê die vermoë hê (of met jou hulp kan ontwikkel) om waar te neem wat binne hom of haar gebeur, kan verandering, genesing en groei plaasvind (Gendlin 1968).

Hierdie werkswinkel is bedoel vir:

Professionele terapeute soos:

  • Maatskaplike werkers,
  • Sielkundiges,
  • Predikante,
  • Pastorale beraders, ens.

Hierdie werkswinkel rus professionele terapeute toe om:

  • effektief na hulle kliënte te luister en reflekteer;
  • aan hulle kliënte die belewenis te gee dat hulle werklik gehoor word, sodat die agterbrein veiligheid kan beleef.
  • kliënte te help om in voeling met hul innerlike belewenis te kom en sodoende die proses van genesing, verandering en groei te inisieer.

Wat ander sê wat die werkswinkel al bygewoon het:

Die opleiding het my verwagtinge oortref. Ek het nie net kennis nie, maar ook self terapie ontvang – die ligte het vir my aangekom! Die opleiding was persoonlik bevrydend en ek sal meer wil weet oor die “ware en valse self” wat bespreek is. As jy berading doen, is hierdie opleiding ‘n moet!

– Dominee van Mpumalanga

Die opleiding was meer as wat ek verwag het. Die atmosfeer was warm en veilig en die studiemateriaal goed uiteengesit en verstaanbaar. Ek het meer geleer as wat ek verwag het en sal dit vir enige iemand wat met mense werk, aanbeveel. Ek is met baie kennis daar weg en verstaan myself en ander se funksionering nou baie beter. Baie dankie vir die opleiding!

– Honeurs sielkunde student van Alberton

Werkswinkeldatums vir 2018

  • 14 – 15 Feb  Potchefstroom
  • Slegs 10 plekke per werkswinkel beskikbaar

Ons tydmors waarborg aan jou

Jy sal verbaas wees oor die verskil wat hierdie fasilieringsopleiding aan jou praktyk sal maak. Indien jy egter wonder of hierdie werkswinkel die moeite werd sal wees, gee ons jou werkswinkelfooi met ‘n ? aan jou terug as jy niks geleer het en dink dit was tydmors.

Bladsye uit die Opleidingsmateriaal

Hoe bespreek en betaal ek vir die werkswinkel?

Sien die onderstaande 2 opsies en kliek op die PayFast knoppie hieronder om jou plek te bespreek:

Verhoudingsfasilitering (vir huwelike)

Gewone opsie

Bonus opsie

Kursushandleiding

Ja

Ja

Een DVD waar die tegnieke gedemonstreer word (waarde R695)

Nee

Ja

Pdf-formaat vraelyste vir die gebruik as hulpmiddel tydens kliënt-fasilitering (waarde R100)

Nee

Ja

Kursuskoste

R2100Pay R2350Pay

Wat gebeur wanneer jy op die PayFast knoppie druk?

  • Jy word na PayFast se webblad geneem waar jy eers moet registreer.
  • Daarna word jy die opsie gegee  watter betalingsmetode jy wil gebruik – kredietkaart, Internet, of Ukash
  • PayFast is ‘n betroubare Suid-Afrikaanse maatskappy.
  • Indien jy sukkel met die betaling op PayFast kontak ons gerus by ptc@perspectivetrainingcollege.co.za vir ons bankbesonderhede.
  • Sodra jy die betaling deur PayFast gemaak het, sal ons jou DV binne 2 werksdae kontak om die inbetaling te bevestig en die reëlings aangaande die werkswinkel te finaliseer.
  • Indien jy enige vrae het, kontak ons gerus by ptc@perspectivetrainingcollege.co.za.

Aanbieder:

Hierdie opleiding word deur Edgar Phillips aangebied.

  • Edgar is die senior pastoor by ‘n onafhanklike gemeente in Alberton vanaf 2001 en is tans besig met sy M.Past graad by NWU (Potchefstroom kampus).
  • Hy is ‘n Imago Professional Facilitator vanaf 2008 en gebruik  onder andere Imago Relationship Therapy (IRT) wanneer daar met individue, pare en groepe gewerk word.
  • Hierdie opleiding is saamgestel uit die teorie en tegnieke van onder andere Focusing, Mindfulness en IRT en Multi-Level Processing.